Die program is ontwikkel vir twaalf weke (of een kwartaal) per jaar.
Indien gemeentes so verkies, kan die 12-weke program ook oor die hele jaar versprei word (sien ons voorstelle onder VIR GEMEENTES).
Dit is in SES MODULES verpak wat bestaan uit die volgende:
- SES volledige PREKE met liturgiese- en preekvoorstelle (elke tweede week).
- Volledige materiaal vir SES KLEINGROEPBYEENKOMSTE (selgroepe, gesinsbyeenkomste, ouer-en-kindgroepe, ens), (elke tweede week).
- Volledige GESINSJOERNALE EN GESINSFEESTE (eietyds, relevant en interaktief) vir 12 weke, wat gesinne by die huis op hulle eie kan deurwerk.
Die temas van Eredienste, Kleingroepbyeenkomste en Gesinsjoernale sluit baie nou aan by mekaar.
Die bedoeling is dat gemeentes dié materiaal gebruik om spesifiek op gesinne-/families in die gemeente te fokus in en deur hulle bediening, gedurende die tydperk.
Die Projek Hoopvolle Gesinne strek oor VIER jaar en daar word elke jaar aan ‘n ander tema aandag gegee. So verseker gemeentes dat families en gesinne ‘n belangrike punt word op hulle jaarlikse bedieningsagenda.
Die vier jare word vier siklusse genoem en gaan alles oor:
ONS GESIN EN DIE VERHOUDINGS WAARIN ONS STAAN
Siklus 1 HOOPVOLLE GESINNE BOU HULLE VERHOUDINGS OP JESUS CHRISTUS (2010-2011)
Siklus 2 HOOPVOLLE GESINNE KYK MOOI NA HULLE NAASTE VERHOUDINGS (IN DIE HUISGESIN) (2011-2012)
Siklus 3 HOOPVOLLE GESINNE GEE OM VIR DIE MENSE IN HULLE OMGEWING (2012-2013)
Siklus 4 HOOPVOLLE GESINNE MAAK ERNS MET DIE MENSE VER VAN HULLE AF (2013-2014)
