1). Die NG Gemeente Culembeeck in Roodepoort het in Julie 2010 met alle ywer begin met die HOOPVOLLE GESINNE Projek. Volgens Heidi Kidd, leier van die projek in die gemeente, word daar gefokus op huisgesinne in hulle omgewing wat nie noodwendig lidmate van hulle kerk is nie. Heidi meen daar is baie gesinne wat graag meer wil leer oor hoe hulle saam die Here kan dien, en hoe hulle die uitdagings en vrae van die lewe sinvol kan hanteer.
Ouers stel belang in materiaal om hulle kinders prakties toe te rus vir die uitdagings van elke dag. Hulle het die projek by die skool laat afkondig en daar is groot belangstelling in die poging. Hulle gaan ‘n nuwe Gesingroep vorm, wat soos ‘n sel-groep funksioneer en wat elke tweede Dinsdagdagaand (vir twaalf weke) by die kerk bymekaar gaan kom.
Culembeeck spreek die behoefte in hulle gemeenskap aan en bou so hulle gemeente se beeld na buite.
___________________________________