(Verklaring) – JONK en Hoopvolle Gesinne
“JONK (die landswye Jeug- en Familiebedieningsnetwerk van die NG Kerk) is een van die netwerk-organisasies wat die projekte *Hoopvolle Gesinne* en *Ons Twee is Drie* ondersteun”.
“Ds Eugene Malan, voorsitter van JONK se taakspan vir Familiebediening, sê hy is opgewonde om gemeentes aan te moedig en te ondersteun om in te skakel by die projekte *Hoopvolle Gesinne* en *Ons Twee is Drie*. Volgens Eugene sien hulle die taakspan se doel om met organisasies te netwerk en saam te werk ten einde goeie bronne vir gemeentes se familiebedieninge aan te bied, sodat die wiel nie weer van voor-af uitgevind hoef te word nie.”
“JONK, die NG Kerk se netwerk vir Jeug- en Gesinsbediening, het besluit om *Hoopvolle Gesinne* en *Ons Twee is Drie* te ondersteun en so deel van ons netwerk te wees”.

